Ekonomie van die Sussex op die veld én in die voerkraal

Verskeie eienskappe kan genoem word as redes waarom ’n beesprodusent ’n spesifieke ras moet oorweeg vir sy kruisteelprogram. Sommige van hierdie eienskappe is egter moeilik meetbaar en daar kan nie aldag met oortuiging bewys word hoe dié skuif ’n produsent finansieel gaan baat nie.