Dit is vir nuwe stoettelers dikwels moeilik om topgehalte vroulike diere te verkry, hoofsaaklik omdat gevestigde telers graag hul beste koeie vir eie teling terughou, wat te verstane is. Daarom het die Blema ba Kan Sussex-stoet in Kroonstad besluit om eers op die teel van hul eie voortreflike vroulike diere te fokus.