Die Sussex bied veelvoudige voordele vir intensiewe en ekstensiewe boerderye, en kan boonop die onderneming se wins aansienlik verhoog. Die ras is ’n veilige keuse vir die voornemende stoetteler of kommersiële boer.