Sukses berus op gehalte diere en goeie rekordhouding

Gesonde, vet koeie en verse, met hul kalwers en ’n bul wat doodtevrede eenkant op die groen grasvlaktes van die Noordwes-provinsie staan en herkou. Dít is die prentjie wat Nico Bouwer amper elke oggend opval wanneer hy na sy Witkwas Sussex-kudde stap waar hulle rustig in die veld wei.