Hoër Landbouskool Oakdale

Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal se bande met die Sussex-ras is verder versterk toe hulle op 23 Januarie 2018 verse deur die Veeplaas Skole-kuddeprojek ontvang het. Wat die gebeurtenis so spesiaal maak, is dat die skool reeds Sussex-beeste besit het voordat die Veeplaas Oakdale Sussexstoet by hulle begin is.