11de Elitekoei uit Faurzyl-stal

Die Faurzyl-Sussex-kudde, wat as een van Suid-Afrika se drie bestes van dié ras beskou word, het weer eens uitgestyg as die stoetery wat die Sussex-Elitekoei opgelewer het. Dit is die elfde keer dat dié eer die Van Zyls van die plaas Prairie, Ladybrand, te beurt val.