Kyknou Stud

 

Kyknou Sussex het sy ontstaan gehad in 2010 na n besluit wat ek geneem het en nog glad nie teruggekyk het nie.


My pa ,Gert Fourie het hom in 1988 kom vestig 200 km noord van Upington in die Kalahari nadat hy n saaiboer naby Hennenman was. Hy wou met Afrikaners boer en het toe beeste aangekoop van Johannes de Klerk ,Gideon vZyl, Johan Cronje en Martin Ras. In 1993 koop hy toe Hereford bulle vir kruisteling. In 1996 het ek begin boer en ons besluit toe om n driehoeks kruisteling stelsel te begin saam met die Sussex ras. Ons eerste bul was n Huntersvlei stoet bul van mnr Anthony Evans wat hy vir ons gegee het vir R5000 . Dit was die begin van n sukses verhaal . Ons het gereeld Sussexe aangekoop en so die kudde verbeter.


Vir die volgende 12 jaar het ons top diere geteel , maar ons het begin besef  dat die Sussex kruising baie beter doen as die Hereford waarna ek toe al die Hereford bulle verwyder het agv groei ,temperament en pigmentasie by die oë nadat ek bulle met donker pigment gekoop het.
Ek het my eie Afrex bulle geteel wat ook baie goed doen en het dus my Afrex kudde uitgebrei. Ek het in my eie voerkraal n gem van 1.80 kg groei /dag gekry. Huntersvlei se syfers was 1,4kg vir herefordkruisings tot 2,2kg vir sussex kruisings met n gem van 1,87kg/ dag.


In 2010 moes ons weer Sussex bulle aanskaf, maar na oorleg met mnr Dallas Phillips het hy my oorreed om stoetkoeie aan te koop. Na aankoop van verskillende bloedlyne het ek die beeste gekry wat by my aanpas . Die reën is min en veld min so die natuur sif die swakkes uit wat jy nie uitklas nie . Om in die Kalahari te boer moet jy op 60% van drakrag boer om risiko te verminder en dan staan jy steeds die kans om vas te draai. Om hierdie rede moet jy met n bees boer met goeie temperament,dieprooi haarkleed,hoë basterkrag, uitstekende groei en maklike aanpasbaarheid . Die Sussex is 87% suiwer en dus uitstekend om op enige ras te guibruik om jou kudde te verbeter.


Volgens my ervaring behou die Sussex langer kondisie en dan weer na die moeilike tyd tel hulle dan weer baie vinniger kondisie op. Die nuutse toevoeging tot my stoet is die Wellington  poenskopbul. Ek glo indien jy jou kudde wil verbeter gebruik ń SUSSEX bul,met tussen 20 tot 40 kg speengewig ekstra ,goeie temperament,dieprooi haarkleed en ń bees wat lekker boer en wat jy kan lief hê sal jy nie ń fout maak nie!

Owner: Gert Fourie
082 770 3392
Kyknousussex.gf@gmail.com